Ons is vroeg Saterdagoggend weg met donker wolke wat dreig, nie vreemd vir die eiland nie. Nelo was saam met ons in die kar wat lekker was want hy gesels en maak padkosbroodjies soos 'n meisie.
Tipiese Wallis weer het gerealiseer en dit het baie motivering gekos om die warm kar te verruil vir stort reen en koue bene. Ons groep van 10 het saam die eerste bult aangepak. Dit was nie 10 minute nie en die wilde Walliese berge het gesorg dat adrenalien deur ons are pomp en weg was die koue. Op die klim was ons baas soos altyd maar op die meer tegniese afdraande kon die manne ons wyse raad gee. Sit jou gewig so ver terug soos jy kan, sit sommer op die agterwiel as jy moet. Oordrewe los arm bewegings.......dans met jou fiets! En ons het gedans. Dit was soos daai laaste dans op die Stellenbosch stadsaal vloer.....met 'n wilde Wilgenoffer of 'n mal Majubaan as jy dalk so een glasie Tas te veel gehad het. Daar was jarre se modder, haarnaald draaie en angswekkende "drops".
Dag twee het die manne gedraai, "disc brakes" hou net een dag in Wallis, ons het dit geweet en reeds die vorige aand ons s'n nagegaan, maar die manne was nie so pro-aktief nie. Ons het solank weggespring, net om halfpad teen die berg te besef dat Marna haar helmet onder vergeet het. Ons het gehoop die manne sou dit saambring maar tevergeefs. Lizeli het die ferm nee gegee toe M meen sy ry sommer sonder een, want L glo :"Heroes wear helmets". Marna moes nederig dankie se toe sy later die dag hard val en haar kop teen 'n klip stamp. So is ons toe op ons eie die dag en ongelukkig was dit nie die einde van M se admin nie, 'n klip het die kant van haar splinternuwe wiel aan flarde gesny. Dit het 'n baie knap stukkie laslappiewerk geverg om die situasie uit te sorteer, soos net boeremeisies kan. Daar is nog geval die dag en ons is met blou bene huis toe.
Top naweek en ons tegnies is goed, wel goed vir meisies (dink ons want daar was geen ander meisies op die berg nie).
Hierdie keer het ons nie vir julle foto's nie, maar hier is bietjie video materiaal van die naweek se ry, ongelukkig is daar probleme met die musiek so sing in jou kop 'n gepaste wysie as jy kyk. (Voorstelle: Pump it - Black Eyed Peas, Living on a prayer - Bon Jovi ens).
http://www.youtube.com/watch?v=8zPDwyYTiYc&feature=youtube_gdata_player
Hierdie weergawe het klank by:
Hierdie weergawe het klank by:
No comments:
Post a Comment