Hellrider
Dit was een van daardie perfekte Europese somersdae, blou lug en warm sonstrale wat op ons bleek Londen gesigte gedans het. Drie meisies, groot gees, baie durf en saam het ons bekend gestaan as die Tres Mochacha’s (Drie dames vir julle wat sukkel met Spaans) . Vir hierdie aktiwiteit het ons span ‘n derde vrou van staal nodig gehad en wie dan anders as Leanne.
Ons het ingeskryf vir die Hellrider. Hierdie span kompetisie bestaan uit ‘n 5 km hardloop en’n 7 km fietsry rondte deur die platteland, om High Wycombe, net skuins van Oxford.
Die roete word om die beurt deur elke spanlid aangepak en herhaal vir 8 ure met die doel om soveel as moontlik rondtes in die tyd in te pas. Hierdie span floreer wanneer daar ‘n bietjie kompetisie is en die kombinasie van ons geslagsminderheid, interne span kompetisie en welverdiende aansien het gesorg vir ‘n dag van nuwe persoonlike bestes. Ons het uitstekende tye gery en gehol, toeskouers het oopmond na die dames gestaar en komplimente uitgedeel. Leanne het beindruk met goeie tye op beide voet en fiets en het met ‘n fenominale hoogtepunt geeindig, vollyf in die koel water. Marna kon toe altyd die tyd hardloop ook en Lizeli het mans en dames stukkend getrap! Die Kaalfoeters het aan mekaar se haakskene gebyt maar op die einde bewys dat span energie ons grootste voordeel is. Ons het ‘n laaste rondte saam getrap, met ‘n blitsige 21min op die fiets - ons vinnigste rondte vir die dag!
Dit was ‘n produktiewe dag, gesorg vir goeie intense oefening en spoedwerk. Ons het ons longe maak werk en gesorg dat ons spiere vir dae na die tyd nog gekla het met elke tree. Aan die einde van die dag was dit ‘n baie gesellige en tog uitdagende dag. Ons het ‘n algehele 8ste plek verwerf, ons kategorie gewen en met arms vol tekkies en klere daar weggeloop.
Ons het weer besef dat hardloop is lekker, die Engelse somer ongelooflik en dat jy enige iets saam met die regte vriende kan aanpak. Top dag!
Regent Park 10 km
Alleen oefen is nie lekker nie. So ons het probeer om soveel as moontlik mense om ons te oorreed om vir iets te oefen die somer. ‘n Groep van 10 inspirerende dames kon ons oortuig en het saam die Regent Park 10 Km pretdraf aangedurf. Met dissipline is daar geoefen die laaste paar maande en met trots het die eerste meisie op 52 min oor die eindstreep getrap! Elke meisie het die tyd gehardloop of beter wat sy vir haarself as doelwit gestel het. Goeie werk, julle het beindruk!
Ons hardloop want ons kan. Die interne span dryfkrag maak jou wel soms semi-seniel en die het eers ons spiere laat kreun! Oefening moes kansseleer word Maandag en trappe het moeilik geklim op Dinsdag. Woensdag was die wel weer deel van ons geheuebank, nog een fantastiese herinnering van die 6 maande voorbereidingstyd vir die Alpe.
No comments:
Post a Comment