June 6, 2011

Trap dat die stof staan en maak 'n verkil


(Please see our next Blog post for an English version)
Mens sou verwag dat mense ons dikwels sal vra: hoekom wil julle 8 dae lank oor berge heen fietsry? Maar hier in die VK word die vraag anders gestel, hier word jy gevra: vir wie doen jy dit?  Hier is ‘n wonderlike kultuur wat mense fisiese en ander uitdagings aanpak in ondersteuning van ‘n saak waarin jy glo.  Wel julle ken ons en weet ons het ons eie selfsugtige redes waarom ons hierdie uitdaging in ons pad plaas, maar ons wil dit oor meer as net ons maak.
As ons terugkyk na ons avonture oor die afgelope paar maande,  raak ons bewus van die oorvloed seën en guns wat ons daagliks ervaar. Geen toets was ooit te groot nie, geen reën wolk het te lank gedreig nie en geen berg was onoorkombaar nie! Ons ervaar en leef ten volle, sien  die skepping op sy mooiste en kan net innig dankbaar wees vir dit alles. Maar geen uitdaging wat oor ons avontuurbelaaide pad kom, kom naby aan die gebrokenheid en seer wat talle kinders in Suid Afrika ervaar nie. Beperkte geleenthede, verwerping en verdraaide liefde.  Ons wil dinge sien verander in die land wat ons so lief het. Ons wil genesing sien, groei  en omgee vir die volgende generasie. Ons is praktiese mense.  Doen weg met die wollerige woorde. Ons wil bewus maak en ondersteun waar ons kan.  
“The Kula Foundation was founded in 2010 by 2 Occupational Therapists specializing in Early Childhood Intervention.  KULA is an abbreviation for Kids U Love Achieve.  Our occupation has lead us on a journey from rural South Africa to the bright city lights, from communities that depends on each other to urbanized life that depends on resources, from a people enriched by soil and livestock to a people enriched by consumerism.  However, although our journey has established a sense of growth, one theme remained central:  our children are suffering. As a result of our experience, and enforced by the increased number of children effected by poverty, abuse, neglect and most of all HIV/AIDS, we have come to realized that we have a social responsibility towards the children of our country.  

Currently The Kula Foundation is working with children age 0-6 years in 3 different communities in and around Cape Town. We are collaborating with other NPO’s in order to start pre-natal and high risk baby clinics in both formal- and informal settlements. In addition we assess and provide occupational therapy to all those little ones struggling with normal development due to their parent’s addictions or actions.”

Hoe kan jy help?
  1. Raak bewus van die behoeftes om ons en gee dit ‘n tweede gedagte en gebed.
  2. Vir verdere inligting kyk na die web ruimte: http://www.kulafoundation.co.za/.
  3. Versprei die woord.
  4. Jy kan ook ‘n finansiele bydra maak op die webwerf hieronder.

No comments:

Post a Comment