July 22, 2011

Dag 7: San Martino na Trento

116km
2300m

Dit was 'n laaaang dag! Moeilik opgestaan, maar 'n Cappucino by die Piazza cafe het ons reggeruk.

'n Swaap het Lizeli laat val in die eerste 300m, wat nie die beste begin vir 'n 100km+ dag is nie, maar sy het opgestaan en ons het die dag gevat!

Die eerste 35km was semi-tegnies af en ons was goed, toe 'n stywe 20km klim na 2000m. Bo was ons omring deur asemrowende berge. Dit was 25km af van daar af en dis waar ons presteer het. Op 80km was ons in die vallei. Die volgende 25km was al met die vallei langs. Ons het gevleg tussendeur appelboorde, groentetuine en pragtige dorpies. Dit was baie warm en ons bene was gaar, maar genadiglik het 'n bondel verby gekom waarop ons kon klim wat ons pas aansienlik laat toeneem het. Met 15km om te gaan het ons die Villa Rosa getref, 'n kort klim deur pragtige woude. 5km afdraande en die 116km, ons langste dag in afstand, was in die sakkie.

Trento is 'n pragtige stad met 'n ongelooflike atmosfeer en ons moet onsself dissiplineer om nie na partytjie-modus oor te skakel nie, dit is more aand.

Een dag oor, Riva wag!



















No comments:

Post a Comment