72km
3200m
Dit was 'n helder blou oggend na die vorige dag se ysige storm weer. Groot geskarrel om ontbyt klaar te eet en die laaste fietsonderhoud af te handel voor ons om 9uur moes wegspring uit die dorpie Alleghe.
Die eerste 10km was 'n groot gemors met die dat die nou dorp straatjies ons keer op keer gebottelnek het. Die veld het gesukkel om te versprei en die volgende stywe klim was hard fiets stoot en modderbene optel.
Oor die volgende 40 km is ons bederf met asemrowende tonele, dramatiese berge, koel woude en heerlike sonskyn. Ons het die geleentheid gehad om ons vaardighede te toets op klippperige padjies, maar moet bieg, dat die boomwotels en modder ons ook laat les op se het met tye.
Die laaste klim van die dag was 'n 600m klim oor 8km. Omring deur die dor, grys pieke kon selfs die hael bui ons nie onderkry nie. Dit was wel 'n taai trap, maar ons kon dit afeindig met 'n uitstekende stuk "single track" tot in die middedorp, en ook ons eindpunt.
Dag 6 was hard op ons moee bene maar baie bevredigend om te kon voltooi. Ons het ons posisie behou en le steeds 11e. More maak ons skade!
Amper daar, meisies! Dankie dat julle ons op hoogte hou. Hou so aan asseblief, ek sien elke oggend uit daarna om julle nuus te lees.
ReplyDelete