July 19, 2011

Dag 4: Brixen na St Vigil

73km
3500m


Dag 4 het soos ouder gewoonte afgeskop op die temalied: "Highway to hell". Die weer was perfek en met warm sonstrale op ons skouers het ons die eerste 17km klim uit Brixen aangedurf. Hierdie klim was teen 'n gemiddelde helling van 10% wat ons geneem het van 550m na 2100m. Dit was 'n taai klim, maar soos die span se: as jy aanhou sal jy bo kom.

Hierna was dit 'n klein affie...en op....en 'n bietjie speeltyd ("afshow" tyd vir Lizeli) op "single track". Tussendeur bome, oor riviere omsingel deur die Dolomites. Dit was lekker maar harde werk. Baie van die dag se klimme was teen 'n onmoontlike gradient en moes ons tevergeefs fietse stoot.

Ons gee toe dat die Europeers, wat in die berge grootword, sterker as ons kan klim, maar hulle ry in ons stof op die afdraandes. ('n Trapper het Lizeli op die eindstreep kom opsoek met die woorde: "I have never seen a women riding downhill as awesome as you do").

Die laaste klim van die dag was wild en het oneindig gevoel. Met Marna wat kan harde klippe kou het die span dit tot bo gemaak. Die laaste afdraande in die dorp in was blitsig en ons is vergesel deur ons eie kameraman tot oor die eindstreep.

Dit was die hardste dag nog. Ons het 'n lang 7 ure getrap en is terug in posisie 11. St Vigil het gesorg vir 'n reuse maaltyd van lasagne, halwe hoenders, slaaie, kaas, broodjies en biere op die vat. Moeg en trommeldik gaan ons nou slaap.







3 comments:

  1. Julle is yster!Hou so aan, ons hou julle fyn dop op die interwebs!

    ReplyDelete
  2. Julle twee is fantasties! Dankie vir al die terugvoering; julle is die hoogtepunt van my dag en julle maak my bene juk vir trap!

    Sterkte, hou net aan met trap en geniet God se wonderlike skepping!

    Annelize

    ReplyDelete
  3. Whoa!! So trots op julle, ongelooflik!
    En Migael love die fotos!! :)

    ReplyDelete