Net vinning oor die foto's. Dit is nie top kwalitiet nie, maar wat ons met die foon neem en maklik kan oplaai. Terug 'n Londen sal ons goeies oplaai sonder lang stories wat julle kan deurkyk.
Kolasin is 'n pragtige dorpie met 'n ongelooflike en rustige karakter. Ons moes sterkstaan om nie sommer net daar te bly nie, maar het darem gou 'n koffie gedrink voor ons uiteindelik begin fietsry het.
Toe begin ons trap. Die pad het al langs die Tara geloop wat ons uit die trein kon sien en elke kilometer sing jou hart want dit is asof dit net blt mooier raak. Op pad het ons 'n draai gemaak by 'n nasionale park wat nog toe is tot die seisoentyd, maar met fietse hou 'n toe hek jou nie terug nie. Die pad klim deur 'n woud tot by 'n meer. Ons het die staproete om die meer met ons fietse gery, so bietjie tegnies maar lekker en MOOI - herhaal ons?
Daarna het ons verder gery tot by Ravnjak waar ons roeteboekie vertel het daar ‘n ongelooflike hotel is. Die hotel is ongelooflik, maar onder konstruksie. Die omies het eers ons uitgekyk en gese dit is toe en verduidelik die volgende dorp is ‘n paar kilometer aan. Ons het bietjie moeg gelyk en bietjie verward en toe gaan hulle maar ‘n Rakija bottle (‘n sterk wit drank). Gee ons elkeen ‘n sopie en gaan wys ‘n kamer sonder water of elektrisiteit. Nou sit ons hier en drink ‘n heerlike wyntjie wat die omie aangedra het na ons in die yskoue stroom gaan bad het. Dit is IDILIES, my woorde is op om meer te beskryf. Al wat ons verder sal sê: ons is in ons element en dol gelukkig. (Net Gert kort).
No comments:
Post a Comment