Ons en die Ysterperde het dit gemaak geen probleme! Baie gelukkig!
So het ons by Hostel Izvor aangekom en sit nou en drink plaaslike bier (Nicsicko) en praat met nonsens met die eienaar Nicola. Ook nie regtig nonsens nie hy vertel ons van die land, beperkte geleenthede, politieke uitdagings ens.
Met aankoms het ons dadelik aan die werk gespring en fietse gebou.
Peet het klaar gereel dat ons vannaand braai, so dit gaan goed. Het wel lekker gelak toe Nicola terwyl hy beduie na Peet se pens, sê hy kan sien waarom Peet moet fiets ry.
Podgorica is maar vervalle en mens kan duidelike tekens van die eerstydse USSR invloed sien, blokkerige grys woonstelle met wasgoedlyne gespan tussen vensters. Hostel Izvor is egter buite die dorp en die omgewing is prentjie mooi. Ons kan nie wag om môre op ons fietse te spring en verder te gaan ontdek nie.
No comments:
Post a Comment