So ons het 'n naweek oorgeglip Switserland toe en in die Junfrau area gaan berge trap. Waar begin mens om te beskryf hoe mooi die Alpe in die somer is? Dalk moet ons die keer nie eers woorde probeer nie en net die foto's deel? (Teen hierdie tyd sal julle weet, as Lizeli eers wegtrek met beskrywende naamwoorde kan die HAT nie bybly nie).
Voor die foto's ons gevolgtrekking:
- Nommer een, die berge is 'n inspirasie!
- Ons kan lank klim, aanmekaar, heeltyd.
- Ons is baie hardkoppig, van fietsbokse dra vir kilometers deur Interlaken (wie gebruik taxi's?) tot aanhou, aanhou trap.
- Die hoogte vang ons nie, daar was miskien 'n vae hoofpyn Saterdag, maar dit is ook moontlik toe te skryf aan die Jagermeister en biertjie daai oggend 1am in ons hostel se klub.
No comments:
Post a Comment