Na ons vakansiedag het ons bene weer gejeuk vir trap, maar die entoesiasme het weer gewyk toe ons wakker word en dit sous. Ons het bietjie rond gesit en gewag dat dit ophou reen, maar tervergeefs. Ons trap toe maar die 70km wat OB beplan het vir die dag in stort reen. Ons het papnat in Budva uitgekom, warm gestort en 'n feesmaal in die dorp deurgewerk.
Ons kan wel nie kla nie reen 1 van 10 dae is nie sleg nie.
En nou is ons oppad terug. Fietse is geboks in die lughawe se parkeerterein en ons het weer weggekom met ons ekstra gewig.
Dit was 'n ongelooflike vakansie. Wat 'n voorreg! Hoop daar is nog baie wat by die een sal kan kers vas hou.
No comments:
Post a Comment