May 31, 2011

Londen na Parys

Koffie onder die Eiffel die naweek? Hoekom dan nie.
Ons het Vrydag fleksietyd gewerk en 3 uur in die pad geval. Guildford toe en van daar af met die Downslink tot in Brighton getrap. Van Brighton af het ons kuslangs gery tot in Newhaven waar ons die veerboot gekry het Dieppe toe. Dit was 'n gesellige rit van "anglo french fusion" met rooiwyn, pastei, opgekrul lê en probeer om 'n uiltjie te knip. Hierna het ons verlore slaap probeer inhaal op die vloer van die doeane kantoor totdat daar genoeg pienk op die horison gelê het om die pad te verlig.


Dit was 'n rustige trap deur die Franse platteland tot die eerste koffie, ons het gereeld liries geraak oor die landskap en . (Een ding van hierdie Span wat ek kan sê: ons bly waardeer).


Die plan was om so rondom 90km die dag te ry wat sowat 100km gelos het vir Sondag. Maar gesoute reisigers wat ons onderskeidelik is het ons dit natuurlik onnodig geag om vooraf verblyf te bespreek. Lang storie kort, na 160km en tientalle oproepe het die baie vriendelike Franse eieindomsagent wat hom oor ons ontferm het vir ons 'n plekkie in 'n gastehuis opgespoor. Ons was op toe ons by Tannie Erika opgedaag het na 160km trap en 2/48 ure slaap. Ons het hard geslaap vir 'n uur of wat waarna ons weer op vorm was om 'n glasie Bordeaux saam met Tannie Erika te geniet.

Dit was 'n laaaang uitputtende dag, maar ten minste weet ons dat selfs met min slaap en baie kilo's op die bene, werk die Span steeds goed.

Die dat ons toe reeds amper in Parys was, het ons laat geslaap Sondagoggend, voëltjies gelê en luister in die bed, rustig getrap, koffie gedrink in elke dorpie tot in Versailles. Ons het skoon bewilderd tussen al die toeriste gevoel na die platteland en vinnig 'n park opgesoek om uit te span met kaas en wyn. Ons het sommer daar in 'n rustige woonbuurt gebly die aand en vroegoggend ons eie pad genavigeer deur die parke en woude rondom Parys tot by die Eiffel. Die res van die dag het ons deur die strate van Parys gedrentel en die naweek afgesluit met 'n goeie uigerekte Franse ete.
'n Heerlike naweek, dalk bietjie meer vakansie as oefen op die einde.

'n Paar foto's:

Brighton




Frankryk
























May 23, 2011

Montenegro - net fotos

Dis byna 'n maand na Montenegro en ons verlang al die pad.
Ons het kamera-foto's belowe wanneer ons terug is. Hier is dit:

Model


Terug in tyd - Podgorica stasie



Tara rivier net buite Podgorica


Kolasin stegies


Biogradska Gora nationale park



'n Welkom kappie by Oom Boeppens(Ravnjak)


'n Verfrissende stroombad (Ravnjak)





Peet, Oom Boeppens en vriende


Oom Boeppens bedien koffie (yskoud- aghh)



Tara rivier net buite (Ravnjak)





 


'n Bietjie sneeu


Zabojsko meer




 Oor die berge en rustyd





'n Kappie oppad af in die Tara "canyon"


Tara "canyon" (dubbel kliek en vergroot hierdie foto, dit is pragtig)





Kappie by die kerk?





Langs die Tara rivier








Af




Padvinder




Skotland?




Pivsko Jezero meer




Die Span




Eet....




Eet vleis.....




Drink!




Die see






Perast, langs die baai van Kotor






Dagtrap van Perast







En na kilometers deur sneeu, kaggel en koffie


Terug in Perast





Mossels langs die baai





Piekniek

 









Kotor - koffie & mark










Kuiers