March 21, 2011

Die Span




Ek is Lizeli


Wanneer ek in die berge is raak ek lewendig! My hart smag na alles wat mooi is, na uitdagings, kwaliteit gesprekke en na geselligheid! Ek ry fiets om met God te gesels en Sy volheid te ervaar. Die Transalps is 'n fantastiese verskoning om weer in die berge te kom!


Ek is 'n Afrika kind wat mens geword het op Matieland. By die werk speel ek met twee rigting radios en help ek om die oorlog te wen. Ek hou meer vakansie as werk...ek drink meet koffie as tee...ek luister eerder as praat.....maar die Marna kan grootpraat in my losmaak!

Die span verstaan meer as net span. Die span verstaan ook die potensiaal van twee eie wyse meisies wat besluit hulle wil onder die top 10 eindig! Die span verstaan ook dat kwaliteit gesprek self oor 600km se berge kan plaasvind.


Ek is Marna


Berge, avontuur, uitdaging, kuier, fietsry, spanwerk - alles dinge wat na aan my hart lĂȘ en die TransAlps bring dit alles bymekaar.


Ek is ook 'n Pretoria meisie wat 'n Matie geword het. Op Stellenbosch het ek die Prins van die Paarl ontmoet wat vandag my wonderlike man is. Mens sou dink dit maak my "Princess of Paarl", maar oor elke dooie siel van die Paarl tannies sal die eer 'n Pretoria meisie geval - net soos met Camilla van Prins Charles. Ek dwaal af. Gert gaan hierdie jaar weer presteer op die Bergrivier terwyl ons fiets trap.


Deur die dag tel ek hoenders waar ander mense in my professie boontjies tel, dis 'n goeie lewe. Dit is ek.


Waarom het ek besluit het om die Alpe aan te pak saam met 'n maltrap wat vier jaar jonger as ek is en by berge af jaag sonder vrees? Dit dra seker by tot die uitdaging en dalk ook tot die avontuur element. Maar sy verstaan span en dis al wat saak maak.


Ek sien uit!


Saam is ons die Kaalfoeters


Dit is ons tipe meisies wie se oumas kaalvoet oor die Drakensberge geloop het en nee dit is nie 'n spelfout nie - ons foeter voort as dit moeilik raak.

Volg ons avontuur met hierdie Blog.

As julle meer wil weet van die TransAlps lees hier:

3 comments:

  1. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  2. Hi lady! Julle skryf so mooi!
    So opgewonde saam met julle! Hoe gaan met die oefen?
    Dink aan julle! Dit gaan n ongelooflike ervaring wees! Ek kyk noudie dag Cape Epic.......skade.....raak somme moeg....dis flippen scary.....Marna, ek weet lizeli is niks bang nie,maar die beste een saam wie jy dit kan doen!!!!

    ReplyDelete
  3. Whoop Whoop! Sien uit om die avontoer saam jul te ervaar en beleef van uit Suider Afrika! Leef dit! xxx

    ReplyDelete